Paardeberg se luiperd perdfris

Published: 15 February 2017

'n Luiperdwyfie van ongeveer drie jaar, wat die naweek in 'n strik in die Paardeberg beland het, is ongedeerd.

Volgens Justin Lawrence, woordvoerder van Cape Nature, het die luiperd glo onderdeur 'n draad probeer kruip, maar in 'n strik wat in die draad gestel was, vasgesit.

Volgens boere in die omgewing, is sy per ongelukgewang.

Cape Nature is saam met 'n veearts na die plaas ontbied.

Die luiperd is verdoof en deur die veearts ondersoek vir enige beserings.

Sy het ongedeerd van die voorval afgekom en is kort daarna op dieselfde plek vrygelaat.

Volgens die Cape Leopard Trust, 'n navorsingsorganisasie wat hulle beywer vir die bewaring van die roofdiere in die Wes-Kaap en wat in 'n raadgewende hoedanigheid optree, is dit moeilik om te sê hoeveel luiperds tans in die Paardeberg woon, omdat hulle territoriale en enkellopende diere is.

Volgens Jeannie Hayward van die Cape Leopard Trust Boland-projek, is daar moontlik tans drie volwasse luiperds wat in daardie omgewing beweeg.

Die Boland-projek se doelwit is om te bepaal hoeveel luiperds daar nog in die Bolandse berge vry rondloop, hulle bewegings te monitor, hul habitat en dieet te ondersoek en areas waar boere en luiperds in konflik is, te identifiseer.

Sy verduidelik verder dat elke luiperd 'n unieke kol-patroon op die linker- en regtersy het. Daar is al in die verlede kameras in die Paardeberg opgestel om die luiperdste monitor.

Sedert die ontstaan van die Boland-projek in 2010, is daar reeds 65 volwasse luiperds op kamera, tussen die Bainskloof-omgewing en Kogelberg, op film vasgevang.

Lawrence verduidelik dat Wanneer 'n luiperd gevang word, hulle gewoonlik gebel word om die eiendomen situasie te evalueer.

Ná die veearts die betrokke luiperd ondersoek het, word daar ook foto's van hulle geneem vir toekomstige uitkenning.

Hy sê egter dat hierdie 'n uitsonderlike voorval is en dat luiperds nie sommer in die Paardeberg en Swartland-area gevang word nie.

"Vir die Swartland/Paardeberg-area is daar nie so baie natuurlike habitat nie. As gevolg daarvan, is daar nie so baie voorvalle nie, want die luiperd kom in die natuurlike habitat voor," verduidelik hy.

Hy kon nie bevestig of daar tans enige luiperds in die omgewing van Kasteelberg is nie.

Volgens hom was daaralin die verlede verlies van vee deur 'n luiperd in dié berg.

Daar is egter geen soortgelyke gevalle in die afgelope 10 jaar in die omgewing van Kasteelbergaangemeld nie.

In die geval van 'n luiperd wat skade aan vee sou rig, word 'n langer proses gevolg, sê Lawrence.

"Indien skade gerapporteer Word, Word die eiendom deur CapeNature besoek om die situasie te evalueer.

"Dit word gedoen in samewerking met die grondeienaar. Daar word onderandere gekyk na vrookomingsmaatreëls om verliese te beperk. Indien nodig, word die luiperd in 'n hok geplaas en deur 'n veearts ondersoek.

"Afhangende van die situasie, kan die luiperd op die eiendom vrygelaat word of verplaas word."

Hulle is egter nie ten gunste daarvan om luiperdste verplaas nie.

Hayward verduidelik dat wanneer een luiperd verwyder word, 'n gatvir 'n andergelaat word.

So word die hele territoriale struktuur versteur.

Lawrence voeg by dat die gebruik van strikke as 'n jagmetode onwettig is.

"Dit word nog onwettig gebruik, veral deur mense wat vir die pot jag"

 

Source: https://issuu.com/diecourant/docs/407_die_courant_swartland_en_bergri/3

spacer

spacer