Trap ’n spoor vir luiperds

Published: 26 October 2015

’n Pretdraf word volgende naweek vir die oorlewing van die Kaapse jagluiperd in die Cederberge gehou. Maryke Roberts het gaan hoor hoekom.

Hoe meer mense op die aarde is, hoe minder blyplek het wilde die-re – veral die vleisvretende wilde diere wat in boerderygebiede voorkom.

In hierdie prentjie pas die Kaapse lui-perd. Erg ongemak-lik, bygesê, want vat jy aan ’n boer se skaap of bok, vat jy ook aan die boer. Tog moet hierdie jagters oorleef in ’n loopgebied wat al hoe meer krimp en waar die kleinwild (sy kos) al hoe min-der word.

Die keerpunt vir dié skaam dier se oorlewing in die Ce-derberge het in 2003 gekom toe Quinton Martins sy luiperdstudie in die berge begin het. Hy het op sy staptogte deur die gebied heel-party tekens van die aanwesig-heid van luiperds gekry.

Maar hy was geskok om te sien hoeveel van dié luiperds doodge-maak word.

Martins het al sy besittings verkoop om sy voortgesette na-vorsing te finansier en met be-hulp van ryloop-geleenthede na die Cederberge gegaan.

Sy hart was swaar totdat hy Johan van der Westhuizen, ’n grondeienaar in die Cederberge, ontmoet het. Hy het besef dat an-der mense sy besorgdheid deel en sy navorsing sal finansier.

Die Cape Leo-pard Trust (CLT) het hieruit voort-gespruit, en Leo-pard’s Leap-wyne en die Rand Ak-sepbank het hul geldelike steun aan die luiperdbe-waringsprojek toe-gesê.

Martins het in-tussen sy doktors-graadstudie oor die Cederbergse luiperds voltooi.

Vandag is talle pla-se en grondeienaars by die bewa-ring van die luiperds betrokke.

Die CLT is ’n organisasie son-der winsbejag wat op skenkings van ondernemings en die publiek staatmaak.

Die trust het gou uitgebrei en sluit nou inisiatiewe in die Bo-landse berge asook die omgewing van Gourits in en het ook ander inisiatiewe soos die CLT se op-voedkundige program, die Ceder-berg-rooikatprojek en die Wit-kruisarend-projek van stapel ge-stuur.

Helen Turnbull, wat reeds as tiener meerkatte help tel het en ná al haar wêreldreise na die Kaap teruggekeer het, is nou die waarnemende uitvoerende hoof van die trust. Bewaring, volhou-baarheid en toerisme lê haar na aan die hart, en die werk by die trust pas haar soos ’n handskoen.

“Die CLT is ’n aktiewe roof-dier-bewaringswerkgroep. Dit ge-bruik navorsing as hulpmiddel vir bewaring en poog om oplos-sings te vind vir die konflik tus-sen die mens en wilde diere,” verduidelik sy.

In ’n breër verband word gewo- ne lede van die publiek ook be-trek deur interaktiewe en dina-miese omgewingsopvoedkundige programme.

Dít alles kos egter geld, en ’n bykomende inkomste moet deur middel van aanbiedings soos die pretdraf gegenereer word. Die pretdraf (oor 5 km, 15 km en 20 km) op 24 Oktober by die Cas-cade Country Manor in die Paarl is ook deel van die voortgesette bewusmaking van die oorle-wingsnood van die Kaapse lui-perd. Skryf in by Quicket by http://www.quicket.co.za/events/11747-2015-cascade-cape-leopard-trust-run/#/.

- Besoek ook http://capeleopard.org.za
- ’n Opvoedkundige kamp word ook aangebied. Kontak Nicole le Roux by [email protected] of bel haar by 023 004 0022.

- Die trustlede lewer opvoedkundi-ge praatjies by organisasies teen ’n minimum koste en gratis by skole.

spacer

spacer